Vertaal/Translate/Select your language

Vinaora Visitors Counter

1002203
Vandaag
Gisteren
Deze week
Vorige week
Deze maand
Vorige maand
Alles
109
355
2591
541972
7164
15654
1002203

Your IP: 3.238.70.175
2021-01-16 04:23

My Lewe In Suid Afrika

 

Verblyf en lewe met ouma Annie vanaf begin 1955 tot einde 1957

 

Soos vermeld in my vorige skrywe het ek die voorreg gehad om in die huis met my ouma te woon ten einde my laerskool loopbaan te voltooi. Heelwat staaltjies kan wel vertel word van wat ons as kinders ervaar het, sleg en goed, maar dit het ‘n ewige indruk op my gemaak en ek ruil daardie ondervindings vir niks wat ‘n meer gesofistikeerde stads- of dorpslewe mens kon bied nie.

 

 

Het plaashuis

My ma se suster, Catharina Petronella van Deventer (Tant Tina), haar man en kinders het op daardie stadium ook by my ouma gewoon, in ‘n aparte woongebied in dieselfde groot plaashuis met 5 slaapkamers, afgeskei van my ouma en ons direkte verblyf. Oom Hans (haar man) het die boerdery waargeneem. Hoofsaaklik tabak en koring boerdery. Ons kinders het dus saam opgegroei, groot geword, kattekwaad aangevang en was almal maar goed skrikkerig vir Ouma Annie.

 

Van hierdie gebeure word weer vertel elke keer wanneer ons as familie byeenkom. Wat ons veral bybly is ouma se streng optrede sou een van ons fouteer het. Sy het jou ingehardloop en gevoeter met wat sy ook al in haar hardloop poging kon optel. Gewoonlik was dit ‘n tak van ‘n boom waarvan die blare verwyder was en wat gebruik was om die werf mee te vee. Maar dit was meer raas as voeter. Maar dit het wel deeglik gesorg dat jy as kind gehoor gee aan wat ouma Annie se opdrag ook al was, doen dit dadelik, doen dit deeglik en stel haar bo alles tevrede. Sy was streng maar ook baie menslik.

 

 

 

 

 

Die groente tuin

Daar was ‘n groot dam waaruit die groente tuin natgelei was. Jy het jou beurt gehad en in die middag na skool so een of twee keer per week, het veral ek en my neef Hans (Tant Tina se oudste) ons beurte gehad met die water lei. Ons was die twee oudste kinders aan huis. Water was verkry uit die besproeiing skema vanaf die Buffelspoort dam na die onderskeie plase in Marikana. My ouma het seker gemaak dat haar groente tuin nie droogte gely het nie. En weereens as ek nou terug dink aan die waterlei episodes in my lewe, is dit met groot liefde en deernis vir my ouma en die grond wat my die mens gemaak het wie ek vandag is.

 

Toe die grond (hoofsaaklik klei) leivore van die besproeiingskema na die onderskeie plase na sement vore omgeskakel is was dit ‘n groot en aanloklike gebeurtenis vir ons kinders want nou kon ons heerlik bootjies maak van mielie stronke met ‘n papier mas en dit in die voor waarin water vloei na die ander boere afstuur. Ons het werklik dinge vir ons self aangenaam gemaak, deur speletjies te speel en te dinge te maak , soos klei osse, draad karre, koekies bak in die groot bakoond buite die huis onder ouma se toesig, met wat ook al ons beskikbaar gehad het.

 

 

Tragiek

Daar het egter ook ‘n geweldige ongeval gebeur tydens hierdie watervoor bou proses. Neef Hans het een middag na skool by die voor, wat aan die pad na Marikana (dorpie) gaan, gespeel. Iemand wat onverantwoordelik was met die konstruksie van die voor het van die slag doppies, wat gebruik was om die granietklippe wat in die pad was van die waar die voor moet gaan op te breek deur middel van ‘n kleinerige ontploffing, laat agterbly op die plek waar hy gaan speel het. Hy het dit opgetel en in onkunde die doppies op ‘n klip neer gesit en daarop met ‘n ander een gekap. Uit die aard van die saak was daar ook toe ‘n kleinerige ontploffing, maar dit was groot genoeg om sy hand lelik te beseer en vermink. Hy het net een lid van sy duim en sy hele ringvinger aan die regter hand behou. Die res van die vingers het in die slag gebly met die ontploffing. Dit was ‘n groot skok en ons was nooit weer toegelaat om daar te speel nie.

 

 

 

 

 

 

Brood bak

Saterdae oggende het ouma brood of beskuit gebak of koffiepitte gemaal. Diè koffie pitte het sy self “gebrand”, deur suiker met koffiebone te meng en dan ‘n vuurtjie onder die brander gepak van kole, sy het met die hand die hitte gemeet en het geweet hoeveel kole om daaronder te sit, en dan word die drom gedraai teen ‘n sekere spoed totdat die bone gereed is vir die koffie meule om dit dan te maal. Nou ja, die fyner kunsies soos die pak, van die kole en die byvoeg van die suiker het sy gedoen. Weereens was die draai van die drom en die maal van die koffie bone aan my en Hans gelaat om te doen. My oorlede kleinsus (Rina) en Anna Loio (van Deventer) het wel gehelp om die meuletjie te draai. Ek is gelukkig genoeg om beide die koffie brander en die koffie meule in my besit te hê.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hier het ek dan ook op 10 jarige ouderdom geleer om brooddeeg en beskuit deeg te maak (knie). Op Saterdae is hierdie take gedoen. Ek gebruik nou nog my kennis vir die maak van brooddeeg, en gebruik ook haar resep, wat aangepas is deur my moeder, vir die maak van beskuit. Soms bak ek ook brood as die lus vir tuis gebakte brood groot genoeg is. In ons huis word daar nie beskuit gekoop nie, ek bak dit self.

 

 

'n Singende Ouma

Wat ek van my ouma self kan onthou is dat sy terwyl sy met haar dag take besig was sy ewigdeur psalms gesing het. Ek het haar op ‘n stadium terwyl ek daar gewoon het gevra hoe kry sy dit reg om al die psalms se woorde te ken. Sy het skouer ophalend gesê die Bybel en die Psalm boekie het hulle leer lees en skryf. So sy het al die psalms en die Bybel besonder goed geken. Ons het ons self as kinders daarom baie gelukkig geag dat ons na ‘n skool kon gaan en daar kon leer om te lees en skryf. Ons klompie wat by haar gebly het het probeer uitvind hoe moeilik dit moes wees om net ‘n Bybel en Psalm boek tot jou beskikking te hê, en daaruit moet leer om vaardig te word. Glo my dit was haas onbegonne en elke keer moes ouma maar weer help met ‘n woord wat ons as kinders nog nie geken het nie.

 

 

Slot

 

Lees ook

My Lewe In Suid Afrika, deel 1

My Lewe In Suid Afrika, deel 2

 

 

Plaats reactie


Beveiligingscode
Vernieuwen