Vertaal/Translate/Select your language

Vinaora Visitors Counter

760830
Vandaag
Gisteren
Deze week
Vorige week
Deze maand
Vorige maand
Alles
465
654
3173
300379
7683
17930
760830

Your IP: 34.238.192.150
2019-11-14 19:57

My Lewe In Suid Afrika, deel 1

 

Van Heystek na Markram tot Hattingh

 

Ja, ek voel my 'n Heystek. Baie ken my as Marie Hattingh. Ek dra dus die familienaam van my eggenoot soos gewoon is deur my generasie. Voor my huwelik heet ek Marie Markram en dra toe die van van my vader. Maar my ma is Anna Johanna Heystek. Vandaar ook dat ek verwant is aan Heystek-familie en daar baie belangstelling in het. Ek klik graag op die webwerf www.heijstekfamilie.nlaan om artikels te lees oor die hoe mense in die verlede in Nederland en elders geleef het. Ook via my Facebook kontakte laat ek my inlig oor die wel en wee van die familie waarop ek ook trots is. In hierdie artikel wil ek graag 'n indruk agterlaat hoe ons in Suid Afrika lewe, iets oor ons natuur en land vertel en herinneringe aan my lewe herroep.

 

Setlaars

Reeds enige eeue gelede het burgers uit verskeie Europese lande na Suid Afrika getrek. Hulle het hul eie kultuur en godsdiens mee gebring en vele van die setlaars vestig hulle as boere op een van die vele beskikbare plase. Hulle stig gesinne, vervul sosiale funksies en help mee om die land te ontwikkel. Nie altyd was dit pais en vree in ons land nie. Konflikte met onder andere die inheemse bevolking het ontstaan, maar ook oorloë soos die Boere oorloë wat by baie bekend is maar waar ek nie hier verder op in sal gaan nie.

 

Dat die Nederlanders hul spore in Suid Afrika gelaat het is bekend. Hiermee bedoel ek nie net in die besonder die name van Heystekstraat in Rustenburg of Heystekrand in die Noordwes Provinsie nie - waar ons familie naam wel ter stand gemaak is, maar ook op die vele ander dorpe wat dorpe in Nederland se naam gekry het. Om voorbeelde te noem het ons ook hier nie net 'n Amsterdam nie, maar ook Gouda, Haarlem, Ermelo, Amersfoort, Dordrecht, Utrecht, Middelburg, Assen en Delft. Stuk vir stuk plekke wat hom nie laat vergelyk met die in Nederland nie maar is wel plekke waar toeriste hulself graag by 'n pleknaambord laat afneem. Dit is dus name uit die koloniale- of apartheidstydperk waarvan nie almal die herinneringe lewend wil hou nie. Vandaar ook dat baie oorspronklike Nederlandse name 'n nuwe Afrikaanse naam kry. Maar ook die omgekeerde kom voor. Sedert die millennium is daar al meer as 800 veranderinge deurgevoer. Ook kan ons as Suid Afrikaanse inwoners nie met al die veranderinge altyd tred hou nie. Weet jy dit? Is dit nou Tshwane of Pretoria? 'n Ander voorbeeld: in 2003 was Louis Trichardt, ‘n plekkie in Limpopo se naam gewysig na Mahkado. Maar intussen het die Suid-Afrikaanse Hof van Appèl beslis dat dit tog weer Louis Trichardt genoem moet word.

 

Heystekke in Afrika

Soos dit ook geld vir alle ander Afrikaanse "Heystekke" is diè in die Nederlandse Giessen gebore Jan Heystek 'n voorvader van my. Gereken vanaf Jan Heystek behoort ek tot die vyfde generasie Afrikaanse Heystekke

Generasie 1: Jan Heystek1816-1879 X Johanna Roza 1826 -1862

Generasie 2: Abraham Eliza Heystek1857-1923 X Catharina Petronella du Plessis 1859-1923

Generasie 3: Abraham Eliza Heystek1890-1948 X Anna Johanna du Preez 1892-1980

Generasie 4: Anna Johanna Heystek1914-1992 X Jan Petrus Markram 1912-1966

Generasie 5: Marie Markram1946

 

My moeder "Anna" is op 10 September 1914 op Rooikoppies gebore. Sy was die oudste van sewe kinders en is daarom ook aangespreek as "Ous". Rooikoppies is die ou naam vir die plaas wat nou deel van Marikana genoem word. Dit is 'n klein dorpie in die distrik Rustenburg in die provinsie Noordwes en lê aan die spoorlyn tussen die stede Brits en Rustenburg. Belangrike ekonomiese aktiwiteite in hierdie omgewing is mynbou en landbou. Die storie gaan dat in 1870 Marikana is uitgelê op 'n plaas met die naam Rooikoppies. Daar is ook 'n stasie gebou vir die nuwe spoorlyn. Daar is gesoek na 'n naam daarvoor. ‘n Spruitjie wat nie ver van die stasie gevloei het nie had die naam Maretlani, 'n inheemse naam vir 'n struik wat daar in oorvloed groei. ‘n Verantwoordelike amptenaar het die naam tot Marikani verwring wat later is gewysig in Marikana.

 

Ouerlike gesin

Op 3 Augustus 1940 trou my moeder in Rustenburg met Jan Petrus Markram wat op 21 Mei 1912 gebore was in Betsjoeanaland. Dit is die ou naam vir die land wat ons nou ken as Botswana. Na hul troue het hulle eers by my ouma op Marikana gewoon. My broer Abraham Eliza Heystek Markram is daar gebore.

My vader het 'n pos by die Ystererts myn in Thabazimbi aanvaar nie lank nadat my broer gebore is nie. Dit was oorlogsjare (1939 - 1945) en hulle het hulle toe gevestig in Thabazimbi, waar ek op die 6 Mei 1946 die eerste lewenslig aanskou het.

Iewers gedurende 1948 is my vader verplaas na Pretoria se ystererts myn/ verwerking. Hier is my jongste sibbe gebore op 2 Oktober 1949. Gedurende 1951 het hulle weer Thabazimbi toe gegaan vir my vader se beroep. Hy het egter myntering opgedoen en het gedurende 1954, met vervroegde pensioen op mediese gronde uit diens van die myn getree. Dit moes aan die einde gewees het, want ek het in die eerste kwartaal van 1955 op Marikana Laerskool begin in standerd 3. (my vyfde jaar op skool) voor 1955 het ek my skool loopbaan begin in Laerskool Thabazimbi.

 

 

Saam is my vader en moeder die ouers van vier kinders waarvan ek die derde is.

 

Ø  Johanna

Ø  Abraham Eliza Heystek, oorlede 1993*

Ø  Martha Maria

Ø  Catharina Petronella, oorlede 1984

* Dit sal die leser direk opval dat "Heystek" ook die familienaam van my moeder as voornaam saam gekry het, sy noem naam was dan ook Heystek en is hy dan ook so aangespreek in die algemene volksmond. Vir sover ek weet is dit in Nederland sedert die 19de eeu nie meer toegelaat nie.

 

Soos reeds genoem is ek op Maandag 6 Mei 1946 in Thabazimbi gebore. Dit is nou 'n stad met meer as 85.000 inwoners is die distrik Waterberg, provinsie Limpopo. Thabazimbi is 'n myndorp en is die laaste groot plek op pad vanuit Johannesburg na die Marakele Nasionale Park. Die inwoners beskou hul dorp as besonder natuurlik met vele wildsplase in die kontrei, en hier en daar selfs koedoes en bosbokke wat soms uit die veld kom en in die tuine wei.

Die dorp het sedert die jare dertig van die 20ste eeu veral gegroei deur die ystermynindustrie. Die naam Thabazimbi is verwant aan die mynbedryf. Thaba is die Sotho-woord vir berg, terwyl zimbi 'n inkrimping is van die Sotho-woord tshipi en Zoeloe-woord ntsimbi; beide hierdie woorde beteken yster.

 

 

Laerskool

Vir ons laerskool loopbane op Marikana, terwyl my ouers op die plaas gewoon en werskaf het, het ek en my kleinsus by my ouma Annie (Anna Johanna Heystek, neè du Preez) gewoon gedurende die skoolweek. Redes daarvoor was bloot baie logisties. Die plaas was sowat agt myl, soos die kraai vlieg, en padlangs sowat veertien myl van Marikana af.

My vader kon ons nie in die oggende skool toe neem en weer in die middae haal nie. Hy het ’n boerdery gehad om te vestig. Wanneer daar 'n goeie bui reen geval het kon geen vervoer, behalwe miskien 'n trekker die pad vanaf die plaas aandurf na die teerpad sowat twee myl van die plaas. Dit was turfgrond en ek weet van loop die agt myl deur die veld met ’n swart vrou wat ons vergesel van die plaas na Marikana, na 'n naweek op die plaas, en as jy 12:00 by die skool aankom was jy nie geheel en al afwesig nie. Daar reeds het die verantwoordeliksin begin vorm aanneem. 

 

Ons het, as my geheue my nie versaak nie, in die Desember skoolvakansie van 1954 Marikana toe getrek waar my ouers op die plaas Brakspruit, in die Marikana Distrik, met boerdery begin het. Dit was rou en braak grond. Daar was geen vorige boerdery aktiwiteite gewees nie. Dit was geleë aan wat in 1961 die grens van Bophuthatswana Tuisland geword het en, wat later, in 1971, self regerende en onafhanklike status verkry het.  Sedert 1994 is Bophuthatswana egter weer deel van die Republiek van Suid Afrika, soos ook met ander soos bv. Ciskei, Transkei en die ander lande binne die grense van Suid Afrika wat ook self regerend en onafhanklik was.

 

Word vervolg

 

Lees ook

My Lewe In Suid Afrika, deel 2

My Lewe In Suid Afrika

 

 

 
 
 

Plaats reactie


Beveiligingscode
Vernieuwen