Vinaora Visitors Counter

1250821
Vandaag
Gisteren
Deze week
Vorige week
Deze maand
Vorige maand
Alles
54
671
2937
790068
13055
17131
1250821

Your IP: 3.215.79.204
2022-06-25 02:44

Kosbare herinneringe aan my Heystek grootouers; deel 2

 

‘N vertrouling

Oupa Antonie: volgens die Heystek-familieboek was oupa in die polisiediens van die ZAR; later in die geheime polisie. Hy was 'n vertrouling van president Paul Kruger - so het die President hom na Durban gestuur om inligting i.v.m. die Britse magte na die regering te stuur. Oupa het ook 'n beplande sluipmoord op die president openbaar. Daarvoor het hy 'n goue sakhorlosie van die president ontvang. Na die oorlog het iemand (sien Heystekfamilie-boek) oupa probeer oorreed om weer in die polisiemag te dien, maar hy het geweier om die Engelse uniform te dra. Oor my oupa is al baie geskryf op hierdie familieblog. Klik hier en hier om te lees.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Boereoorlog

My ouma Lettie Botes het aanvanklik met haar eerste drie kinders op huisarres in Pretoria aangehou en toe na die Konsentrasiekamp Irene gestuur is.

Die lewe in die konsentrasiekamp kon dikwels bitter moeilik wees. Die vrou moes elke more rapporteer met ’n kaart om haar rantsoen vir die dag te ontvang. Op hier die kaart staan die aantal personen wat kos moes kry. Jammer, in die konsentrasiekampe in SA baie kinders en vrouwe moes die hoogste tol betaal.

Ouma Lettie was een bai sterke vrou. Haar moreel werd niet gebreek. Dat sien ons nou nog aan die foto die is gemaak in Irene. Op bygaande foto sit Lettie Botes op 'n stoel vir ‘n oop tent in die konsentrasiekamp met die die verbode vierkleur vlag van die Transvaalse Republiek opgerol en oor haar skouer gelê.Dat was verbied deur Britse magte. Alleen die Britse vlag mag vertoon word. En daar staan ouma oop en blood met die vlag om haar skouers............Sy kon tereg gestel ja selfs dood. Dit was in daardie tyd 'n moedige daad. Wat n vrou!!! Nie seker is of die kinders op die foto haar kinders is.

 

 

Op 15 September 1914 breek die Rebellie uit. Oupa was nog op sy plaas, op pad om by die rebellemagte aan te sluit toe daar lede van die regeringstroepe opdaag en sy perd annekseer.

 

In die konsentrasiekamp het my ouma die vrou van Jopie Fourie leer ken. Hy was ’n rebelleleier. My moeder is in 1915 gebore en op versoek het mevrou Fourie haar toestemming verleen dat die baba na haar oorlede man vernoem kan word. So is my moeder dus gedoop met die name Josef Johannes Fourie Heystek.

 

Voor die Anglo-Boere-oorlog was Transvaal en die Oranje Vrystaat bekend as die ZAR - die Zuid-Afrikaanse Republiek; na die oorlog weet ek nie hoe dit toe bekend was nie. In 1910 word dit die Unie van Suid-Afrika en op 31 Mei 1961 word dit die Republiek van Suid-Afrika, die RSA.

 

Herinneringe an oupa en ouma Heystek

Oupa was vir meer as 30 jaar 'n ouderling in die Gereformeerde Kerk op Nylstroom. Na sy dood is daar vir 'n jaar nie 'n nuwe ouderling vir sy wyk gekies nie en vir 'n jaar lank het niemand op sy plek in die ouderlingsbank gesit nie.

Ouma Lettie het 'n blou geëmaljeerde koffiekan en die meegaande tessie gehad. Wanneer hy dors was of lus vir koffie, het hy altyd gesê: Lettie, druk vir Bloutjie.

 

Dit was die gewoonte van die egpaar om aan die begin van die winter met wa en osse na die Bosveld (huidige Limpopo) te trek. Die jongste kindertjies het saam getrek. Die wa was gelaai met sakke koring, mielies en pampoene. Oupa se seun Antoon het daar geboer, op sy ei plaas en ek vermoed 'n tweede plaas wat aan oupa behoort het: sy dogter Lettie en haar man, Nols de Beer, het ook daar geboer.

Dan is daar 'n bees en 'n vark geslag en die mans het wild gejag. Van die bees- en vark- en wildsvleis is wors gemaak; van sekere snitte is biltong gemaak. Omdat daar geen verkoelingsgeriewe was nie, is die benevleis eerste gekook en geëet.

Die varkvleis is in groot ysterpotte gaargemaak, in 5-gellingblikke gepak en met gesmelte vet bedek vir latere gebruik. Die biltong en wors is drooggemaak, ook vir latere gebruik. Ek vertel hier van gebeure seker gedurend die twintiger jare. Wanneer die terugtog aangepak is, was al die mielies, koring en pampoene op die plase agtergelaat en die was is met blikke gaar vleis en mudsakke biltong gelaai. By die huis op Lisbon was daar 'n buitekamer, m.a.w. 'n kamer aan die huis met 'n deur wat op die stoep uitgaan. Die kamer is skoongemaak en 'n bokseil is op die vloer oopgesprei. Die sakke biltong is op die seil gepak en dan toegevou. Ouma Lettie het die sleutel van die kamer gedra en sy het uitgedeel biltong as 'n versnapering of as vleiskos by 'n maaltyd. My moeder het vertel dat daar soms tot elf of twaalf sakke was en dit moes hou tot die volgende ekspedisie Bosveld toe.

 

Na Oupa oorlede is, het Ouma, Gertruida (Tokkie) en my moeder Jopie en die seuns, jonger as Jopie op Lisbon aangebly terwyl Johan Roza die boerdery voortgesit het soos hy dit alreeds gedoen het toe Oupa nog geleef het.

 

Oom Ludie

Johannes Ludowicus Kruger “Louw” Heystek was my moeder se broer, bekend as oom Ludie. Hy hetin die vroeë dertiger jare aan die Universiteit van Potchefstroom (deesdae Noordwes) waar hom as onderwyser bekwaam het, studeer. Waar hy orals onderwys gegee het, weet ek nie; hy was skoolhoof op Barberton o.a.

 

In 1960 toe my studies in Pretoria begin het, was hy verbonde aan die Pretoriase Onderwyskollege. Voor dit was hy ook die hoofinspekteur van al die skole in die destydse Transkei waar hy 'n baie geliefde persoon was. Na sy aftrede het hy en sy vrou, Lenie in Balito gewoon in 'n huis wat sy dogter, 'n argitek, ontwerp het. Ek dink hy is in die laat tagtiger/vroeë negentiger jare oorlede. Sedertdien het ek kontak verloor.

Louw Heystek was ten tyde van Oupa se dood op universiteit. Die ander broers het gaan werk by die bou van die Rustderwinterdam en Tokkie, was op hoërskool op Nylstroom.

 

Wydbelese

My moeder het na oupa se dood belydenis van geloof afgelê. Soos die gebruik was, was al die meisies in wit geklee, maar moeder was in swart - nog in rou oor Oupa. Sy het vir 'n tyd op Nylstroom, in die pastorie die predikantspaar se kinders opgepas. Van dié kinders het sy 'n Bybel gekry - een van die eerste Afrikaanse Bybels wat in 1934 verskyn het. Dié Bybel is in my besit.

 

My moeder het die std. 6-eksamen geslaag met die tweede hoogste prestasie in die Unie van Suid-Afrika. Sy kon egter nie verder gaan leer nie - oupa is oorlede en hulle was midde in die depressiejare. Louw het vir sy slim sussie boeke gegee. Ek was al volwasse toe ek eers besef het hoe wydbelese sy was. Ek het op hoërskool die verhale oor die Franse Revolusie, die verhaal van Undine, Uncle Tom's Cabin, ens. weer ontdek. Sy kon vir my na 'n liefdesteleurstelling aanhaal: "It is better to have loved than never to have loved at all".

 

Skoolry

Sy, my moeder, en die ander Heystekkies het soms geloop skool toe, soms donkie bloots gery of met 'n donkiekar gery. Sy het vertel hoe sy een dag op 'n steeks donkie gery het en dié probeer het om haar teen elke doringstruik of doringdraad van sy rug af te kry.

 

Reus Goorgat

'n Kostelike staaltjie oor Hester Heystek: Op die plaas, tussen 'n paar vyebome was 'n plek ingerig waar die gesin gebad het. Een naweek sou daar die Sondag 'n plaasdiens gehou word. Die omliggende plase se mense wat Gereformeerd was het dan daar saamgekom en Oupa as ouderling sou dan die diens lei. Terwyl Ouma die Saterdagmiddag besig was met voorbereidings vir die Sondagete, het die oudste dogter, Lettie Heystek, al die klein Heystekkies een vir een gebad en hare gewas. Hester (Kattie) moes vir Sondag iets uit die Bybel onthou, nl. die reus Goliat. Sy loop al om die huis en telkens loer sy by die padplek in en vra: "Ous, wat was die reus se naam nou weer?" Sy hoor: Reus Goliat. Toe sy weer kom vra, was Ous se geduld seker 'n bietjie min en sy antwoord: Aag, goorgat! Met die volgende rondte om die huis, hoor sy Kattie lustig herhaal : "Reus Goorgat, Reus Goorgat"!

 

Hoendersop as medicyn

Dit is baie jamer dat ek my ouma nie geken het nie, want sy is oorlede toe ek omtrent nege maande oud was. My ma het my baie oor haar vertel.

 

Ouma Lettie moes 'n baie besondere vrou gewees het. Om vyftien kinders groot te maak, was seker nie maklik nie. Sy was ruimhartig: geen honger of hulpbehoewende mens (selfs 'n arme hond) is ooit sonder kos van haar af weggestuur nie. Tydens die griepepidemie van 1918 het, sover ek weet, nie een van haar gesin siek geword nie. Ouma het reuse potte hoendersop gekook en elke more baie vroeg is die sop in melkkanne en varsgebakte brode op die donkiewa gelaai en het Ouma die plase besoek waar daar siekte was. Die pasiënte is gewas, skoon aangetrek, skoon beddegoed en kos gekry. Waar daar 'n sterfgeval was, het Ouma die lyk uitgelê. Intussen het die groter kinders en die vroue van die plaaswerkers weer begin sop kook en brood bak in die buite-oond - tot 18 brode op 'n dag.

 

Ouma was ook baie oorspronklik en vaardig met haar hande. Vir 'n "fancy dress party" het sy groen mielieblare aanmekaar gestik en 'n rok daarvan gemaak. Die draagster was baie in haar skik.

 

Ouma se grootste hartseer was seker die feit dat haar seun, Eliza Heystek, deur sg. vriende oorreed is om aan die Tweede Wêreldoorlog deel te neem. Sy was baie ongelukkig hieroor en sy is oorlede sonder dat sy hom weer gesien het. 'n Week na haar begrafnis het hy die plaas bereik.

 

Ek is so spyt dat ek haar nooit geken het nie: ek dra haar naam; op foto’s het ek gesien hoe haar hande altyd in dieselfde posisie in haar skoot rus en ek het besef dat ek presies dieselfde doen. Sy het my gesien voor haar afsterwe. Sy was al baie swak en het my glo op haar bors laat lê.

 

Voor sy oorlede is, het sy vir my moeder gewys waar drie rokkies van die fynste crepe de chine vir my in haar kas gebêre was.

 

 

 

 

My ouers

My moeder Joseph Johannes Fourie (Jopie) Heystek is in Lisbon gebore op 4 juli 1915. Jopie is oorlede 68 jaar oud op 15 april 1999 in Hermanus. Toe hulle 23 jaar jonk was getroud Jopie met Barend Christoffel van Wyk, 'n jongman uit Klipkraal. Jopie en Barend is die ouers van twee kinders

 

1 Johanna Elizabeth (Alet), gebore op 03-03-1941 in Nylstroom, Transvaal. Ek getroud, 31 jaar oud, op 26-08-1972 in Bethal (Unie van Suid-Afrika) met Frederick Johannes (Frik) Potgieter, 29 jaar oud. Frik is gebore op 15-12-1942 in Johannesburg ZAF. Frik is oorlede op 29-05-2008 in Hermanus ZAF, 65 jaar oud.

 

 

2 Anna-Marie Martha Charlotte van Wyk, gebore op 01-01-1946 in Nylstroom (Unie van Suid-Afrika). Anna-Marie getroud, 25 jaar oud, op 03-07-1971 in ZAF met Gert Jeremia Olivier, 30 jaar oud. Gert is gebore op 21-02-1941 in Calitzdorp, Klein Karo. Hy is oorlede op 16-06-2009 in Hermanus ZAF, 68 jaar oud.

 

 

Slot

 

Lees ook: Kosbare herinneringe aan my Heystek grootouers; deel 1

 

 

 

 

Plaats reactie


Beveiligingscode
Vernieuwen