Vertaal/Translate/Select your language

Vinaora Visitors Counter

760818
Vandaag
Gisteren
Deze week
Vorige week
Deze maand
Vorige maand
Alles
453
654
3161
300379
7671
17930
760818

Your IP: 34.238.192.150
2019-11-14 19:33

Kosbare herinneringe aan my Heystek grootouers; deel 1

 

Oupa Antonie was die vierde kind uit die tweede huwelik van Jan Heystek en Hester Maria, nee Du Plessis. Soos u weet Jan Heistek (Heijstek/Heystek) is stamvader van die Heystekke in "Suid-Afrika". In die gesin van Jan Heistek is agtien kinders gebore.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Verbintenis met die Krugerfamilie

As kind het oupa Antonie by Johannes Lodewikus Kruger, 'n neef van die latere president Paul Kruger groot geword.

President Kruger is in 1842 getroud met Maria Etresia du Plessis (1826-1846). Hulle was woonagtig op die plaas Waterkloof naby Rustenburg. Nadat sy jong vrou aan malaria oorlede is, trou hy 'n jaar later met haar niggie, Gezina du Plesis (1831 - 1901). Toe oupa Antonie in Pretoria op skool was, het hy die egpaar ingewoon.

 

 

 

 

Die Heystek-Botesgesin

Antonie Marius Heystek is in die destydse ZAR op 01-08-1872 gebore en oorlede op die plaas Lisbon op sestig jaar. Hy was tweemaal getroud: in 1894 tree hy in die huwelik metLouisa Jacoba Duvenhage (1874). Sy was die dogter van Abraham Christiaan Duvenhage en Louisa Jacoba, gebore Van Heerden. Sy sterf op 27-03-1896 in Pretoria. Geen kinders is uit hierdie huwelik gebore nie.

 

Op 28-10-1896 tree oupa Antonie in die huwelik metAletta Johanna Elizabeth Botes (18-05-1879). Sy was die dogter van Barend Hendrik Botes en Aletta Johanna Eizabeth. Ouma Lettie is oorlede op 08-10-1942 in die ouderdom van 63 jaar op die plaas Lisbon. Uit hierdie huwelik word 18 kinders gebore, waarvan drie klein oorlede is.

 

 

 

Baie kinders

1 Jan Heystek (06-01-1898). Sy bynaam was Singer omdat hy die agent vir Singernaaimasjiene was. Die masjien wat my moeder van hom gekoop het, staan nou in my huis se ingangsportaal as vertoonstuk. Hy was getroud met Johanna Petronella Niemand. Hy sterf 02-04-1948 , ouderdom 50 jaar.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

2 Aletta Johanna Elizabeth Heystek (07-01-1899). Sy was getroud met Arnoldus Stephanus de Beer. Sy sterf op 72 jaar op 02-09-1971.

 

3 Barend Hendrik Heystek (31-03-1900). Hy was getroud met Susanna Catharina Petronella Kruger Oorlede 27-01-1984 ouderdom 83 jaar.

Ek weet dat ouma Lettie met twee of drie kinders in die konsentrasiekamp was; dus moet dit bg. kinders wees.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

4 Antonie Marius Heystek (01-04-1903). Hy was getroud met Anna Susanna Jordaan, dogter van Louis Hosea Jordaan en Anna Elizabeth Smit. Hy sterf op 06-06-1981. Ouderdom 78 jaar.

 

5 Heystek gebore en oorlede op 01-04-1903.

 

6 Petrus Jacobus Heystek (07-09-1904). Getroud met Isabella Elizabeth Mulder. Oorlede 23- 03-1948. Ouderdom 43.

 

7 Hester Maria Aletta Heystek (23-09-1905). Sy was drie keer getroud. a. Pieterse, die vader van haar drie kinders; b. Riekert (geskei); c. Steven Simms.

Oorlede middel sewentiger jare.

 

 

 

8 Johan Roza Heystek(03-09-1907). Getroud met Elizabeth Maria Catharina Smit. Oorlede: 11-07-1952. Na oupa Antonie se dood het Johan voortgegaan met die boerdery op die plaas Lisbon en ouma Lettie is tot haar afsterwe op die plaas deur Johan en Bets versorg.

 

 

 

9 Sarel Frederik Heystek (04-12-1908). Datum van sterfte onbekend.

 

10 Johannes Lodewikus Kruger Heystek (18-01-1910). Getroud met Magdalena Maria Barendina Nel. Oorlede 7-1-1987.

 

11 Andries Stefanus Heystek (24-09-1911). Getroud met Gezina Elizabeth Cornelia Fourie. Oorlede vroeg negentiger jare. Ouderdom: tagtiger jare.

 

12 Gertruida Magdalena Heystek (21-10-1912). Getroud met Leunis Adriaan van Rooyen. Oorlede 1997(?). Ouderdom tagtiger jare.

 

13 Aletta Sophia Magdalena Heystek (21-02-1914). Sterfdatum en ouderdom onbekend.

 

14 Joseph Johannes Fourie Heystek (04-07-1915). Getroud met Barend Christoffel van Wyk. Oorlede: 12-04-1999. Ouderdom: 83. Dit het my ouers.

 

 

15 Eliza Heystek (19-01-1917). Getroud met a. Helena Sophia Coetzee, b. Helena Hendrika Maritz. Oorlede 25-08-1981. Ouderdom: 44 jaar.

 

16 Daniël Johannes Heystek (12-04-1918). Getroud met Helena Christina Coetzee. Sterfdatum: onbekend. Ouderdom: ?

 

17 Antonie Johannes Christoffel Heystek (22-02-1919). Getroud met Jackie Klkulus. Oorlede 09-09-1960. Ouderdom 41 jaar.

 

18 Andries Stephanus Lourens Kruger Heystek (18-01-1925). Getroud met a. Susanna Maria Gertruida Lucasina de Klerk Nel b. Anna Christina de Beer Neuhoff. Sterfdag en ouderdom onbekend.

 

Wordt vervolg

 

Lees ook:

Kosbare herinneringe aan my Heystek grootouers; deel 2

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 
 

Plaats reactie


Beveiligingscode
Vernieuwen